Geskiedenis

Home Aktiwiteite Geskiedenis Inligting Koshuise Kurrikulum Toelatingsvorm Omnia Personeel Alumni TuisBlad Skooldrag

 

GESKIEDKUNDIGE ONTWIKKELING

Gallery van Foto's uit die Verlede

                              Foto: Thinus Maritz

Hoërhandelskool

In Januarie 1924 is met private klasse in die gebou van die Paarlse Onderwyserskollege begin. In 1927 is die private klasse, wat hoofsaaklik handelsvakke aangebied het, vanaf die Paarlse Onderwyserskollege na die destydse Hoërskool Gimnasium verskuif.

Op ‘n bestuursvergadering in Maart 1929 word gerapporteer dat die destydse plaaslike tak van die Helpmekaarvereniging die woning en erf van mnr. J.H. Neethling (Neethlingshof) vir R4 800 (£2 400) ten behoewe van die skool aangekoop het. Op die perseel is die latere Hoër Handelskool Paarl opgerig.

Die amptelike opening van hierdie skool is waargeneem deur dr. D.F. Malan, destydse Minister van Onderwys en later Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika.

Op 22 Mei 1933 is ‘n amptelike skoolwapen goedgekeur.

 

Hoërskool Labori

Vanaf Januarie 1989 bied die skool volwaardige Handel-, Algemene- en Tegniese Studierigtings aan. Die huidige skoolkleure en skoolwapen is gedurende Januarie 1989 in gebruik geneem.

Met die implementering van die nuwe kurrikulum van Verdere Onderwys en Opleiding van die Departement van Onderwys in die begin van 2006, varander Labori sy fokus na 'n skool vir Ingenieurs- en Rekenaarolpleiding.

 

HUIDIGE SKOOLWAPEN

Die heraldiese beskrywing of blasoenering is soos volg:

Wapen:

In rooi tussen twee kamratte van goud en regop-geplaaste silwer suil en daarop ‘n ronde skyf van blou belaai met ‘n fleur-de-lis van goud; op ‘n skildhoof van silwer ‘n mercuriushoed van rooi.

Wapenspreuk: Labor Omnia Vincit
Betekenis: Arbeid oorwin alles

SIMBOLIEK VAN SKOOLWAPEN

Die klassieke Mercuriushoed met sy twee vlerke in die skildhoof (in rooi op silwer) word as simbool van handel gebruik, soos ook die sg. Mercuriusstaf in die wapen van die Kaapse Tegniese Kollege.

Op die hoofgedeelte van die skild (met ‘n rooi agtergrond) is die silwer suil of pilaar, simbool van standvastigheid en wysheid.

Op die suil ‘n goue fleur-de-lis op ‘n blou skyf simboliseer die Paarl (deel van die Paarl se wapen) en is ook eie aan die provinsiewapen. Die goue kamratte aan weerskante van die suil is oorkoepelend simbool van die tegniese studierigtings en gee ewewig aan die wapen as geheel.

Die goue band met die wapenspreuk daarop dien as fondament of stut en rond die geheel af.

 

SKOOLLEUSE

LABOR OMNIA VINCIT

(Arbeid oorwin alles)

  Die Latynse selfstandige naamwoord, LABOR,-ORIS beteken onder meer:

  • Werkkrag, werklus, inspanning
  • Geestelike/verstandelike inspanning
    (Soos gebruik deur Cicero en Caesar)
  • Energie en vlyt
    (Soos gebruik deur Cicero en Caesar)
  • Taak, moeitevolle inspanning, kordaatstuk en prestasie
    (Soos gebruik deur Vergilius en Caesar)

SKOOLLIED

In die pêrel van die Boland
Met Paarlberg aan westekant
Pryk ons skone sieraad, Labori
Tegniek, handel, teorie.
Labor omnia vincit toon;
troue werk bring ryke loon.
Fier gaan ons die toekoms in.
Dis hier waar vlyt oorwin!

 

Refrein:
Ons sal sing oor Labori!
Ons sal werk in harmonie.
Labori! Labori!
Staan sterk en trots en fier!

In die pêrel van die Boland
Du Toitskloof aan oostekant.
In die wieg van taal en GRA
wat kosbaar vrugte dra.
Werk ons vrolik, kla ons nie.
In ons kleinood Labori.
Dis die skool wat ons bemin
Waar arbeid steeds oorwin!

 

Refrein:
Ons sal sing oor Labori!
Ons sal werk in harmonie.
Labori! Labori!
Staan sterk en trots en fier!

G.F. Marais