Kameraklub

Home Aktiwiteite Geskiedenis Inligting Koshuise Kurrikulum Toelatingsvorm Omnia Personeel Alumni TuisBlad Skooldrag

 

Fotografieklub

FOTOGRAFIEKLUB SLUIT AAN BY PSSA

Die fotografiesevereniging van Labori het sedert sy stigting in 2008 van krag tot krag gegaan.

Die klub is die enigste van sy soort in die omgewing en het onlangs aangesluit

by die Suid Afrikaanse Fotografiesevereninging. Talle van ons lede is ook lede van die PSSA.

Die klub het nou toegang tot die Vereninging se kompetisies, werkwinkels, tydskrif en veel meer, en beloof om 'n groot hupstoot vir die lede te wees.

Ons het ook alreeds met verskeie ander klubs in die Kaap en omgewing begin skakel.

Sedert ons klein begin in 2008 het die klub intussen 'n studio ingerig, met van die beste beligting,

reflektors, agtergronddoeke, 'n rekenaar en Canon drukker vir die klub se gebruik.

Opleidings werkwinkels word op 'n deurlopende basis gehou en die lede gaan gereeld op

 uitstappies om foto's te gaan neem. Daar is al deelgeneem aan 'n "Paint with Light" werkswinkel, studio portret inleiding, aan die Kaapse kus het ons wrakke en lighuise gaan afneem, en ons beplan om hierdie jaar Sutherland te besoek;

flaminke aan die Weskus te gaan afneem, en nog vele meer.

Elke jaar word ook 'n uitstalling deur die lede gehou wat nog altyd 'n groot sukses was. Die jaar se werk word dan aan die publiek vertoon by 'n  onthaal waar ouers, vriende en belangstellendes gesellig saam verkeer.

Die klub vergader elke Maandagaand van die week by die studio of skool waar daar dan na opleidings materiaal gekyk word.

Belangstellendes kan die skool kontak indien hulle wil aansluit.

'n Aansluitingsfooi van R160 (eenmalig) en 'n kwartaalikse fooi van R250 word deur lede betaal.

 

Waterfront Salon

Junie 2008

Labori het hierdie jaar met 'n Fotografieklub begin wat tans baie sterk funksioneer.

Die klubhuis met studio toerusting, rekenaar en fotodrukker is onlangs ingerig en klubaande word elke week gehou. Lesings en opleiding word aangebied.

Uitstappies is tot dusver na die Kaapse Museum onderneem, waar ons gaan kyk het na uitstallings van die węreld se beste natuurlewe fotografie en 'n besoek is aan die Paarlse Taalmonument gebring, waar ons 'n lesing oor beligting gekry het en toe foto's van die monument geneem het.

Tans is die lede besig om vir hul eerste groot kompetisie in te skryf wat eersdaags beoordeel sal word. Hulle is ook tans besig met twee onderwerpe, nl. HERFS en LIG en SKADUWEE, vir 'n Klubuitstalling wat later vanjaar gehou sal word.

NOV 2008

Die fotografieklub het hul jaar met 'n baie suksesvolle uitstallingsaand afgesluit.

Die uitstalling wat die beste werk van die jaar deur die lede vertoon het is baie goed deur ouers, onderwysers en belangstellendes verteenwoordig.

"n Hele aantal goud, silwer en brons toekennings is deur die beoordelaars toegeken. Almal was dit eens dat die werk van hoogstaande gehalte was, veral gesien in die lig van die feit dat dit maar die eerste jaar van die klub se bestaan is.