Koshuise

Home Aktiwiteite Geskiedenis Inligting Koshuise Kurrikulum Toelatingsvorm Omnia Personeel Alumni TuisBlad Skooldrag

 

KOSHUISAKKOMMODASIE

Huis Jan van Zyl 

Huis Theo Pauw

Koshuislewe (foto's)

Die skool beskik oor voldoende en moderne koshuise vir seuns en meisies. Dit is ons erns om aan koshuisleerders net die beste maaltye te bedien en om ‘n huislike atmosfeer te skep. Voldoende ontspanningsfasiliteite bestaan by al die koshuise.

Huis Jan van Zyl huisves ons dogters en Graad 8 seuns en Huis Theo Pauw die seuns. 'n Vasgestelde studieprogram word hier gevolg onder die wakende oλ van toesighoudende onderwysers.

HUIS JAN VAN ZYL

 

Kry meer Inligting hier.

 

Foto: M. le Roux

 

Koshuis program Huis JV Zyl

Tye kan na gelang van omstandighede aangepas word na goeddunke van die personeellid aan diens

WEEKSDAE

Opstaan

06:30

Stiltetyd

06:50

Ontbyt

07:15

Middagete

14:00

Aandete

18:00

SATERDAE

Opstaan

07:30

Ontbyt

08:00

Dorp OF Besoek

09:00 – 11:00

Middagete

12:30

Dorp OF Besoek

14:30 – 17:00

Aandete

18:00

SONDAE

Opstaan

07:30

Ontbyt

08:00

Middagete

12:00

Rustyd

12:30 – 15:00

Dorp OF Besoek

15:00 – 17:00

Aandete

18:00

DORP

Woensdae

14:30 – 17:00

Vrydae

14:30 – 17:00

STUDIETYE

Aand (grade 8 – 12)

19:00 – 20:00

20:15 – 21:15

STUDIETYE GEDURENDE DIE EKSAMEN

Maandag tot Vrydag

14:00 – 15:00

17:00 – 18:00

19:00 – 20:00

20:15 – 21:15

Saterdagoggende

08:30 – 09:15

09:30 – 10:30

KAMERINSPEKSIE

Maandag tot Vrydag

(Alle leerders moet in hul kamers wees totdat persoon aan diens by hulle was)

07:00 – 07:15

GANGTYD

Alle leerders is in hulle gange om reg te maak vir stiltetyd (stort, bad, kamer netjies maak)

21:30 – 21:50

STILTETYD

Maandag tot Sondag

21:50 – 22:00

GANGBIDUUR

Woensdae (opsioneel)

21:30 – 22:00

LIGTE-UIT

Sondag tot Donderdag

Naweekaande word deur personeellid aan diens bepaal.

22:00

 

'n Woord vanaf die Koshuisvader:

Ons wil graag ouers aan moedig om enige probleme wat kan help om u kind se verblyf by ons so aangenaam moontlik te maak, met die superintendent te kom bespreek.  Dikwels gebeur dit dat ouers direk met die skool skakel oor koshuisaangeleenthede wat ons hier by Huis Jan van Zyl self kan oplos.  In die verlede het ons geleer dat heelwat probleme opgelos of heeltemal vermy kon gewees het, indien ons net die ouers se samewerking vooraf gehad het.

Die personeel van Huis Jan van Zyl maak dit hul beleid om om te gee vir u kind, en daarom ook behulpsaam te wees met probleme wat hul mag ervaar.  Indien u kind klagtes het oor die koshuis, kos, personeel, reλls of enigiets anders sal ons graag van u wil hoor.  Kritiek, negatief sowel as positief, help ons om beter te funksioneer vir u kind se onthalwe.

Ons glo dat elke kind uniek is, met respek behandel behoort te word, en gelei moet word tot bereiking van hul volle potensiaal op die pad wat deur ons Skepper vir hom/haar uitgelκ is.  U hulp, ondersteuning en soms ook verdraagsaamheid sal ons help om u kind te lei tot daardie benutting van sy/haar potensiaal.

C. de Vos

SUPERINTENDENT

Telefoonnommer:  (021) 8728420

Terug na Begin

HUIS THEO PAUW

Kry meer Inligting hier.

 

KOSHUIS PROGRAM

Tye kan na gelang van omstandighede aangepas word na goeddunke van die personeellid aan diens

 

 

WEEKSDAE

Opstaan

06:15 / 06:35

Inspeksie (indien vooraf gereλl)

06:40

Stiltetyd

06:50

Ontbyt

07:00

Middagete

14:20

Aandete

18:00

SATERDAE

Opstaan

07:30

Stiltetyd

07:50

Ontbyt

08:00

Dorp

10:00

Middagete

12:30

Stap / Swem / Bioskoop

13:00 – 17:00

Aandete

18:30

Saterdae en Sondae kan tye aangepas word na gelang van omstandighede.

SONDAE

Opstaan

07:45

Ontbyt

08:00

Kerk

09:00

Middagete

12:00

Stap / Swem / Besoek

14:00 – 17:00

Aandete

17:30

DORP

Maandae

14:45 – 17:00

Vrydae

14:45 – 17:00

STUDIETYE

Aand (grade 10 – 12)

        (grade 9 – 12)

        (grade 9 – 12)

18:30 – 19:00

19:10 – 20:10

20:20 – 21:20

STUDIETYE GEDURENDE DIE EKSAMEN

Maandag tot Vrydag

(kan aangepas word)

14:00 – 15:00

18:00 – 19:00

19:15 – 20:15

20:30 – 21:30

Saterdagoggende

08:30 – 09:30

09:45 – 10:45

STILTETYD

Maandag tot Sondag

21:20 – 21:30

BIDUUR

Donderdae

21:30

LIGTE-UIT

Sondag tot Donderdag

Naweekaande word deur personeellid aan diens bepaal.

22:00

Vir enige verdere navrae i.v.m. bogenoemde kan u gerus vir Johan Smit skakel by

(021) 8726562 of 0826575200.

Terug na Begin