VAKKEUSE
GRADE 8 en 9
|
Leerarea
|
Verduideliking
|
|
TGK:Afrikaans
|
Taal, Geletterdheid en Kommunikasie: Afrikaans
|
|
TGK:Engels
|
Taal, Geletterdheid en Kommunikasie: Engels
|
|
WGWWW
|
Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe
|
|
NW
|
Natuurwetenskap (Biologie en Fisiese Wetenskappe)
|
|
MSW
|
Menslike en Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie)
|
|
EBW
|
Ekonomie Bestuurswetenskappe (Rekeningkunde en Bedryfstudies)
|
|
TEG
|
Tegnologie (Grafiese Tekene en Werkswinkelpraktyk)
|
|
K+K
|
Kuns en Kultuur (Erfenis, Musiek, Kuns en Drama)
|
|
LO
|
Lewensoriëntering
|
|
RT
|
Rekenaartoepassings
|
Let op dat alhoewel alle skole dieselfde leerareas behoort te hê, ons leerders
Tegnologie in spesiale toegeruste
werkswinkels/laboratoriums neem en dus beter
toegerus word vir ‘n keuse in ‘n ingeneurs of akademiese studierigting vanaf graad 10.
Rekenaartoepassings is nie een van die voorgeskrewe leerareas nie, maar Labori is daarvan
oortuig dat die blootstelling van Gr. 8 en 9 leerders aan rekenaars, dit tot elkeen se voordeel sal
wees in die VOO fase van sy/haar opleiding.
Verdere Onderwys en
Opleiding (Graad 10-12)
1. Afrikaans (Huistaal)
2. Engels (Addisionele Taal)
3. Lewensoriëntering
4. Wiskunde // Wiskundige Geletterdheid
5. Fisiese Wetenskappe // Bedryfstudies // Toerisme
6. Lewenswetenskap // Rekenaartoepassingstegnologie // Elektriese Tegnologie // Meganiese Tegnologie // Siviele Tegnologie
7. Geografie // Rekeningkunde // Ingenieursgrafika en Ontwerp // Inligtingstegnologie

Inligtingstegnologie en/ of Rekenaartoepassingstegnologie mag as
'n agste vak geneem word in graad 10 en, afhangende van punte behaal,
as sewende vak in graad 11 en 12. Keuring om toelating tot
Inligtingstegnologie is 'n vereiste.
Leerders wat Inligtingstegnologie neem moet ook Wiskunde neem.
Leerders wat 'n Tegnologie vak neem, word aanbeveel om Wiskunde, Natuur-
en Skeikunde en Ingenieursgrafika en Ontwerp daarmee saam te neem.
