Aktiwiteite Geskiedenis Inligting Koshuise Kurrikulum Toelatingsvorm Personeel Alumni TuisBlad Skooldrag

 

Nuusbrief

HOËRSKOOL     

 Labori       

 

 

Die eerste kwartaal van 2012 is alweer iets van die verlede.  Die jaar het weereens teen ’n geweldige tempo afgeskop en dit was gevolglik ’n vol kwartaal vir ons leerkragte en leerlinge.

 Ons nuwe leerlinge is al goed deel van die Labori-familie en dit is veral verblydend dat daar so ’n groot persentasie van hierdie leerlinge is wat deelneem aan die buitemuurse aktiwiteite.  Ek doen weer ’n beroep op u as ouers om toe te sien dat u kind betrokke raak by die skool se bedrywighede. 

 Ons dogtersgetalle is min en daarom doen ons veral ’n beroep op ons dogters om betrokke te raak by die netbal en hokkie.  Dit sou jammer wees as hierdie sporte moet kwyn, omdat die dogters nie belangstel nie.

 Hoogtepunte van die afgelope kwartaal sluit in ’n graad 8 atletiekbyeenkoms, waatlemoenfees, OOV-Ken-Mekaar-Braai, interhuisatletiek, interskole atletiek, OOV Visaand en die Somer interskole.  Dankie aan al die personeellede en ouers wat betrokke was by hierdie aktiwiteite.

 Personeel

Die volgende aanstellings is vir hierdie jaar gemaak: 

Mnr Human (Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Natuurwetenskappe en Sosiale Wetenskappe

Mev Du Toit (Lewensoriëntering en Engels)

 Ek hoop hierdie nuwe personeellede sal dieselfde werkstevredenheid en samehorigheid in die Labori-familie ervaar wat elkeen van ons ander leerkragte beleef.  My versoek is dus dat elkeen van ons leerlinge en ouers sal meehelp om hierdie leerkragte te laat tuis voel. 

Finansies

Die skool se begroting kan slegs klop as alle ouers hul verpligtinge t.o.v. skoolfonds en koshuisgelde nakom.  Die begroting is verlede jaar op ’n ouervergadering goedgekeur en ons kan slegs voortgaan om gehalte onderrig en ’n verskeidenheid van aktiwiteite aan te bied, indien hierdie gelde gereeld betaal word.  Alle ouers is ingelig aangaande die prosedure en voorskrifte wanneer aansoek gedoen word om afslag.  Enige ouer wat nie op die korrekte wyse aansoek gedoen het om afslag nie of wat nie kwalifiseer vir afslag nie, is wettig aanspreeklik vir uitstaande skool- en koshuisgelde.  Indien hierdie verpligtinge nie nagekom word nie, sal ons genoodsaak wees om sulke uitstaande skulde te oorhandig vir invordering.  Ons doen ’n spesiale beroep op selfs daardie ouers wat kwalifiseer vir gedeeltelike of volle vrystelling om te probeer om ’n bydrae te maak tot u kind se opvoeding.  Daar is baie leerlinge wat beskik oor die beste selfone, modieuse klere en te veel sakgeld en dan maak so ’n ouerhuis geen bydrae tot hul kind se akademie en opvoeding nie en verwag ander ouers moet hul kind subsidieer.  Dit is te verstane dat so ’n situasie nie vir betalende ouers aanvaarbaar is nie.

 Leerlingafwesigheid

Volgens departementele beleid word ’n leerling wat vir langer as 10 dae aaneenlopend afwesig is sonder grondige mediese redes, beskou asof hy/sy die skool verlaat het.  So ’n leerling sal dan outomaties gederegistreer word en sal moet heraansoek doen indien hy/sy weer ’n skool wil bywoon.

 Beheerliggaamverkiesing

Die volgende ouers is verkies tot die Beheerliggaam:

Mnr HH le Roux (Voorsitter), Mev S Geldenhuys (Onder-Voorsitter), Mnr WS Crouse, Mnr L de Bruyn, Mnr HRW van Heerden, Mev HJ Venter en Mev S Wait.

SMS Boodskapstelsel

Die kommunikasie met ouers deur middel van die massa sms werk baie goed en ons wil net ons ouers herinner daaraan om voortdurend hul inligting op datum te hou, sodat boodskappe die regte persone bereik. 

Daar is baie gevalle waar ouers se werk- of kontaknommers verander het en ons nie ingelig word van die verandering nie.  Daar was al noodsituasies waar ons nie die ouers onmiddellik kon bereik nie.

Ek wil veral vra dat ouers moet reageer op afwesigheidsboodskappe.  Die antwoorde of reaksie kan terug ge-sms word.

 School Communicator

Die skool gaan vanaf volgende kwartaal School Communicator aan ons ouers bekendstel. 

Hiermee ’n kort verduideliking vanaf die internet.  "The d6 School Communicator is a lightweight application that runs on every parent's computer. Information is automatically updated every time the school adds new content, even when the Communicator is not currently running. The Communicator launches every morning, so parents see your school news at least once a day. The Communicator can also be launched at any time by clicking on the desktop shortcut or via the Start menu."

Besoek www.school-communicator.com indien u solank meer inligting verlang.

 Akademie

Die skep van ’n akademiese klimaat is vir die personeel van Labori ’n saak van prioriteit.  Daar is ongelukkig te veel leerlinge wat dit moeilik maak om sodanige atmosfeer in die klasse te kan handhaaf, deurdat hulle nie die nodige erns en toewyding ten opsigte van hul skoolwerk aan die dag lê nie.  Sulke leerlinge is gevolglik ’n steurnis in die klas en benadeel ander leerlinge wat wil werk.  Dit is belangrik dat u as ouers sal saamwerk met die personeel en ons sal ondersteun in ons onderrigtaak en die dissiplinering van die leerlinge.  Dit gebeur te veel dat ouers personeellede verkwalik wanneer kinders gedissiplineer word.

 Daar is te veel leerlinge wat belangrike onderrigtyd verloor deur te maklik by die huis te bly wanneer hulle nie goed voel nie en dan ook as gevolg van afsprake wat gedurende skooltyd gemaak word.  Dokters-, tandarts- en lisensie afsprake moet sover moontlik buite skooltyd gemaak word. 

 Daar is reeds ’n groot aantal leerlinge wat die gevaar loop om hierdie jaar nie te slaag nie en indien u as ouer nie daadwerklik en ferm begin optree nie, word kosbare tyd en geld vermors.  Duidelike voorskrifte ten opsigte van studietye en vryetydsbesteding is van kardinale belang ten einde sukses op skool te verseker.  Verpligte hulpklasse gaan in sommige gevalle vir sekere vakke aangebied word.

 Indien u ook bekommerd is oor u kind se vordering het u die geleentheid om dit met sy onderwysers te kom bespreek op die oueraand van 16 April 2012.

 Baie geluk aan elke leerling wat bo sy/haar potensiaal presteer het en dit vir die personeel ’n plesier maak om hul werk te doen.

 Ons toppresteerders vir die kwartaal is:

 

Graad 8

%

 

Graad 9

%

1

Ettiene Mouton

84.7

1

Marlene Botes

89.8

2

Annamé Geldenhuys

81.2

2

Justin Robinson

85.5

3

Birgitte James

78.9

3

Hester Oosthuizen

85.4

4

Crystal de Kock

77.5

4

Shane Bezuidenhout

81.2

5

Hendrik Visser

77.3

5

Samuel Prins

78.0

6

Eugené Conradie

76.8

 

6

Simoné Ellis

76.6

7

Brandon Harney

71.2

 

6

Lourens Wiese

76.6

8

Ryno Badenhorst

70.7

 

8

Christiaan Smit

75.0

9

Shandré Schäfer

70.6

 

9

Gerhardt Lehmann

74.5

10

Samantha Fourie

70.5

 

10

Migael Loubser

73.4

10

Rohan Lourens

70.5

 

 

 

 

 

Graad 10

%

 

Graad 11

%

1

Herman Gryffenberg

88.0

1

Jo-Anne Batt

84.2

2

Charlton Solomons

83.3

2

Junré Marais

80.0

3

Anika Swart

82.0

3

Shannon Jepthas

77.7

4

Blanché Bezuidenhout

79.0

4

Jaco Williams

76.8

5

Marianka vd Westhuizen

77.3

5

Marinda Fourie

72.8

6

Le-Rey Crous

74.5

 

6

Carli Walters

72.7

6

Lourens de Bruyn

74.5

 

7

Amorie Liebenberg

72.0

8

Arno Eigelaar

74.2

 

 

 

 

9

Chanté Julies

73.5

 

 

 

 

10

Keanen Eksteen

70.8

 

 

 

 

 

 

Graad 12

%

1

Jani Schlebusch

80.2

2

Wiaan Novella

79.2

3

Wilber Booysen

75.5

4

Abrie Geldenhuys

74.5

5

Anmarie Janse v Rensburg

73.8

6

Miancke Knoetze

72.8

7

JC van Deventer

72.7

8

Johannes van Jaarsveld

71.5

 

 

 

 

 

 

  VRL

Die VRL het ‘n redelike bedrywige kwartaal agter die rug met verskeie hoogtepunte en nuwe projekte wat deurgevoer is.  Hulle was verantwoordelik vir die Gr.8-Oriënteringsweek, Gr.8-Kamp, Labori Touchiedag, Sottekonsert, Poedingaand, Karwasdae, Sokkie en Valentynsdag.

 

Graad-8 Oriëntering en kamp

Ons jaar het reeds op Dinsdag 10 Januarie begin toe die graad 8 leerders hier by die skool ontvang is vir ‘n inligtingsessie en boeresportdag by Bethel.  Daarna is hulle vir twee weke lank deur die VRL verwelkom.  Vanjaar se tema was Vikings en die Sotte moes eers soos babas en later soos Vikings aantrek.  Ons het ook weer vanjaar ‘n graad-8 kamp aangebied.  Hier is graad 8-leerders die kans gegee om mekaar beter te leer ken en het hulle aan verskeie spanbousessies deelgeneem.  Leerders is in die twee koshuise gehuisves en een van die hoogtepunte die naweek was verseker die watersportkaskanades die Saterdagoggend.  Daar was ook onder meer ‘n netbal- en touchietoernooi gehou en die leerders kon reeds aan die sottekonsert oefen.  Ons wil die twee koshuismatrones, personeel en VRL-leerders bedank vir al hulle harde werk die naweek.  Dit was ‘n reuse sukses.  Ons Oriënteringsweek het ook vir verdere opwinding gesorg met die graad 8’s wat vir ons in die Labori Met gehardloop het en ‘n baie “vermaaklike” sottekonsert aangebied het.  Baie dankie ook aan elke graad 8 leerder vir julle entoesiasme en geduld. 

Labori Touchies

Labori Touchiedag is vir die vierde jaar vanjaar aangebied en is vanjaar trots geborg deur NULANDIS.  Ons sê baie dankie aan mnr Jones wat ons gehelp het om die dag moontlik te maak.  Daar het vanjaar 15 seunsspanne en vier dogterspanne ingeskryf.  Die formaat is ook bietjie aangepas sodat almal meer speelkans kon kry.  Die spanne het in vier poele kompeteer.  Daar is 40 wedstryde die dag op vyf verskillende bane gespeel.  In die dogtersafdeling het die Ladida Queens weer gewen deur die Smurfs in die finaal te klop.  By die seunsafdeling het die Gomstokke gewen deur die Silent Killers in die finaal te klop.  Daar was ook vanjaar ‘n plaatafdeling wat deur The Blades gewen is.  Baie dankie aan al ons skeidsregters en mnr Dreyer en sy span vir die organiseer van die dag.  Dankie ook aan al ons prysborge:  NULANDIS, Spur (Paarl), Top to Toe, Curves en Minimax.

 Poedingaand

Vanjaar het ons ‘n nuwe fondsinsameling probeer deur ‘n poedingaand te hou.  Ons wil eerstens baie dankie sê aan al die ouers wat bydraes gemaak het in die vorm van bestandele of self ingespring het om poedings te help maak.  Die reaksie was geweldig positief en dit is definitief iets wat ons in die toekoms weer gaan aanpak.  Baie dankie ook vir al die onderwysers en mammas wat die aand kom help skep het.  Dit word opreg waardeer.

Ons kon in die proses ongeveer R3 500 insamel danksy almal se harde werk en skenkings!

Ons wil ook baie geluk sê aan ons drie nuwe Graad 8-VRL lede:  Jordan van der Merwe, Shandré Shäfer en Jaco Beukes.

Baie dankie aan elke VRL-lid en SUB-VRL-lid vir al julle harde werk en tyd wat julle opoffer nie net aan die organiseer van dinge nie maar ook vir elke pouse wat julle moet diens doen.  Dit word opreg waardeer.

 CANSA – Deurnag Staptog

Die graad 11A klas het vanjaar besluit om hierdie projek wat deur die kankervereniging geloots is te ondersteun.  Hulle het so ‘n span ingeskryf wat Saterdag 17 Maart deurnag het by die Boy Louw-velde.  Die VRL het ook besluit dat dit ‘n goeie manier is om by die gemeenskap betrokke te raak en het in hulle voetspore gevolg en nog ‘n span saamgestel.  Spanne moes volgens temas aantrek, ‘n banier maak en elkeen ‘n stalletjie hê om geld in te samel vir die kankervereniging.  Die graad 11A klas was die “Neon Walkers” wat velkanker uitgebeeld het en die VRL was die “Nerds” wat breinkanker uitgebeeld het.  Die entoesiasme dwarsdeur die nag was ongelooflik van die kinders en alhoewel hulle baie moeg was later, nadat die meeste die dag vroeër aan ‘n sportdag moes deelneem, het hulle passievol hulle gewig agter die projek ingegooi en was hulle regtig puik ambassadeurs vir ons skool.  Baie dankie aan al die onderwysers wat geldelike bydraes ook gemaak het om te help om die spanne se inskrywingsgelde te betaal.  Die spanne het ‘n mooi bedrag geld ingesamel vir die kankervereniging deur die boereworsrolle en “glow sticks” wat hulle verkoop het.  Baie dankie aan elke kind wat sy tyd opgeoffer het.  Labori is baie trots op julle!

 Kleredrag

Leerlinge in hul skooldrag is ’n skool se grootste advertensie en ons doen ’n beroep op u as ouers om toe te sien dat u kind ten alle tye netjies en korrek geklee sal wees.

Ons sal vir die eerste twee weke van volgende kwartaal beide somer- of wintersdrag toelaat.  (Let wel ’n leerling dra óf somers- óf wintersdrag, nie ’n mengsel van die twee nie.)  Die skooltrui mag slegs onder die skoolbaadjie gedra word en nie daarsonder nie.  Veral die ouers van koshuisleerlinge moet toesien dat hul kinders se wintersdrag betyds gereed is.

Die skoolbaadjie is verpligtend en die skoolreënbaadjie is opsioneel.  Beide baadjies is by De Jagers beskikbaar.

VCSV

Die kwartaal het vroeg begin en afgeskop met ‘n geseënde kringleierskamp te Kleinmond saam met Hermanus.  Die fokus was op Jesus wat vissermanne as dissipels gekies het  -  gewone mense wat geduld geleer het langs die viswaters en gereeld die storms op die see van Galilea moes trotseer, mense met ‘n roeping om kos te voorsien aan hul gesinne en gemeenskap.  Ons het stiltetye gehou waar die branders teen die rotse gebreek het en, in die Harry Porter Natuurtuin, waar die waterval langs die rooi Disa’s afstort.  Ons het geleer dat kringvoorbereiding en bid vir jou kringetjie essensieel is.

Die kringleierspiekniek op Bethel was voorbereidingstyd vir wat die kwartaal op ons wag en Hungry Lion se Donderdag “special” het ons innerlike versterk.   Ons fokus in ons kringe was (i) die genade van Jesus se kruisdood  -  “1 Cross  +  3 Nails  =  4 Given”  en  “Get bored with your past, it’s over!” (ii)  “True love” begin by “Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het” en (iii) die satan het lankal in die stof gebyt soos Jesus se woorde getuig:  “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.” 

Ons takkamp (deel van ‘n streekkamp) is bygewoon deur 15 van ons leerders wat kan getuig van ‘n wonderlike tyd te Bainskloof saam met toegewyde rolmodelle net-net ouer as hulle.  Dis so jammer dat soveel van ons matrieks nooit die geleentheid op skool aangegryp het om ‘n lewensveranderende kamp mee te maak nie en dat so min van ons gr. 8’s die geleentheid aangryp om deel te raak daarvan ...  Maar:  ons maak ons eie keuses en ouers besef heel moontlik nie watter impak hul kind geestelik op hul eie lewens kan maak indien hulle dit vir hul moontlik sou maak om sodanige kampe by te woon nie.  Dis egter baie verblydend om te beleef dat vandag se jongmense méér soek as skyngodsdiens  -  hulle wil die ware God leer ken ...

 Mooi inisiatiewe ontwikkel ons ons leerders:  ‘n dansgroepie is ywerig besig om opgang te maak (dankie, Jodene en al jou dansers) en ons “band” oefen fluks (dankie, Francois en kie.). 

Hou asb. aan met bid vir ons VCSV.  Ons beleef dat God so graag wil gee  -  Hy wag net vir ons om te vra!

 

Mariene Biologie kurses

Baie geluk aan ons twee graad 12 leerders, Wiaan Novella en Jaco Woods wat gekeur is om aan ‘n besonderse Biologie kurses deel te neem tydens die vakansie.

Die kurses word by die Two Oceans Akwarium te Kaapstad aangebied en focus op Mariene Biologie en Ekologie.  Daar was slegs 50 kandidate gekeur in die Weskaap om hieraan deel te neem.

Die week lange kurses behels lesings by die akwarium, 30 uur vrywillige diens by die akwarium, een aand se oornag in die akwarium en ‘n naweek kamp by Soetwater Opvoedkundige Sentrum, langs die Suidkus.

Hierdie is ‘n gulde geleentheid vir Jaco en Wiaan om hul drome in Mariene Biologie na te streef en ons is vol vertroue dat hulle hierdie avontuur sal geniet.

 

Biblioteek

Ons moedig graag ons leerders aan om meer gebruik te maak van ons skool se biblioteek.  Daar word gereeld nuwe boeke aangekoop en daar is leesstof vir almal se voorkeure.

Die biblioteek-prefekte vir 2012 is as volg:  Vincentia Johnson, Charlton Solomons, Faith Truter, Migael Loubser, Caroline Koeberg, Thalea Heuns, Leché Goliath en Dale Simonse.

 SPORT

 Buitemuurse tye

Sport

Maandag

Dinsdag

Woensdag

Donderdag

Vrydag

Saterdag

Rugby  Juniors

15:30-16:30

 

15:30-16:30

 

 

Wedstryde

Rugby Seniors

 

O/16

15:00-16:00

O/19B & C

15:30-16:30

 

O/16

15:30-16:30

O/19B & C

15:30-16:30

 

Wedstryde

Rugby Eerste span

 

16:00-17:30

16:00-17:00

16:00-17:30

 

Wedstryde

Netbal

 

15:30-17:00

Wedstryde

15:30-17:00

 

Wedstryde

Netbal Eerste span

15:00-16:30

15:30-17:00

Wedstryde

15:30-17:00

 

Wedstryde

Landlope

15:00-16:00

 

Kompetisie

 

 

Kompetisie

Hokkie Dogters  Eerste span

15:30-17:30

15:15-16:15

 

   16:00-17:30

 

 

Hokkie Dogters

Tweede span

 

15:00-16:30

 

 

 

15:00-16:00

 

 

Hokkie Seuns

15:30-17:00

 

15:30-17:00

 

 

 

Muurbal

15:00-16:00

 

 

 

Wedstryde

 

Skaak

14:00-15:00

 

Wedstryde

14:00-15:00

 

Wedstryde

 

 Krieket

Ons het die jaar afgeskop met ‘n wegwedstryd teen Paul Roos. Als het goed begin en die manne het goeie krieket gespeel, maar moes ongelukkig  die knie buig en het die wedstryd verloor met vyf paaltjies.Daarna was ons volgende wedstryd teen Hoërskool Luckhoff en ons het weereens ongelukkig met 14 lopies verloor. Ruan Terblanché het ‘n uitsekende 55 lopies nie uit nie aangeteken! Daarna was ons volgende wedstryd teen ‘n sterk span van Boishaai en die keer het ons met 41 lopies verloor! Die manne was baie teleurgesteld en sodoende kon ons nog nie ‘n oorwinning gedurende die seisoen behaal nie, maar die beste moes nog kom, Interskole 2012!Hier was die manne egter slaggereed vir die Bossie. Labori wen die loot en besluit om eerste te kolf. Na ‘n uitstekende begin van ‘n 102 lopie openingsvennootskap deur Christian Smit en Brandon Pekeur was ons goed op dreef om ‘n groot telling op die bord te sit. Ons teken ‘n uitstekende 183 lopies in ons toegelate 25 boulbeurte aan! Beste kolwers was Christiaan Smit met  58 en Brandon Pekeur met 38. Daarna boul ons die Bossies uit vir slegs 90 lopies en behaal ‘n oorwinning van 93 lopies. Beste boulers  was  Lucian Cupido met 2 paaltjies vir 8 lopies in 3 beurte, Ruan Terblanché met 2 paaltjies vir 13 lopies in 5 beurte en Warren klaasen met 2 paaltjies vir 17 lopies in 4 beurte.Verder was Ruan Terblanché en Christiaan Smit ook gekies om die Boland Sentraal o/15 krieketspan te verteenwoordig. Baie geluk aan albei hierdie spelers.

Tennis

Ons het hierdie kwartaal ‘n goeie inspuiting gekry vanaf ons gr. 8-geledere en 24 spelers het geoefen en die somerson getroef.  Ons opkomende spannetjies ontwikkel mooi en het al oorwinnings gesmaak.  Baie dankie vir elkeen wat deel was van hierdie goeie gees wat vanjaar onder ons geheers het.  Ons is hartseer dat Miancke, Luke en Wiaan binnekort matriek skryf, maar ons waardeer al jul insette en dat julle altyd bereid was om wedstryde te speel.  Mag julle lewenslank tennis geniet!  ‘n Spesiale dankie aan Miancke wat vanaf gr. 8 in ons 1ste span gespeel het en wat vir die meeste van die tyd ons nr.1-dogter was  -  ons gaan jou baie mis!

 

Skaak

Ons skop volgende kwartaal af met die Sentraal-Bolandproewe op Vrydag, 13 en Saterdag 14 April.  Oefen asb. gedurende die vakansie sodat ons ‘n goeie seisoen kan beleef!!

 

Gholf

Die gholfprogram het die afgelope kwartaal in alle erns begin.  Ons het teen Stellenbosch, Malmesbury en Paul Roos Gimnasium gespeel.

Ons het ongelukkig al drie kragmetings verloor, maar die Labori-span het baie deursettingsvermoë getoon.

Die Labori-span het bestaan uit Armand Boshoff, Cornel Swanepoel, Herbert Jacobs, Keagan Isaacs, Wade Williams en Arno Eigelaar.

Die twee spelers wat konstand goeie punte aangeteken het, was Cornel Swanepoel en Armand Boshoff.

Ons het omtrent 15 leerders wat betrokke is by gholf.  Die skool ondersteun die spelers baie goed.  Ons het gereeld gaan oefen by die “driving range” en het hulle gereeld geneem om op Wellington en Pearl Valley gholfklub te gaan oefen.

Die kinders toon regtig groot belangstelling.

 Hulpklasse – Tweede Kwartaal 2012

Leerlinge moet ten minste een dag vooraf met betrokke onderwyser reël op die dag soos hieronder aangedui.

Leerlinge moet vooraf sê watter werk verduidelik moet word.

Tyd vanaf 14:00 – 15:00.

Indien ‘n leerling 10 minute laat is verbeur hy/sy die klas.

Indien ‘n leerling die klas wil bywoon moet sy/haar tuiswerk op ‘n gereelde basis doen, en alle take ingehandig wees.

 

MAANDAG

DINSDAG

WOENSDAG

DONDERDAG

Mnr H Dreyer

Me E Jacobs

Mnr W Jacobs

Mnr R Muller

Mev S Mullineux

Mnr R Swart

Mev Y Swart

Mnr P Theron

Mev A Breytenbach

Mnr H Human

Mev R Koegelenberg

Mnr R Muller

Mev S Mullineux

Mnr M Pfister

Mev R Pienaar

Me Z Roodt

Mnr O Christensen

Mev M du Toit

Mnr M le Roux

Mnr J Morris

Mnr R Muller

Mev S Mullineux

Me E Redelinghuys

Me I Smit

Me C Langenhoven

Mnr C Matthee

Mnr M Pfister

Me J Steenkamp

 SKOOLKWARTALE 2012                                                  

 

Kw 1 – 11 Januarie tot 23 Maart    

Kw 2 – 10 April tot 22 Junie 

Kw 3 – 16 Julie tot 28 September            

Kw 4 – 8 Oktober tot 7 Desember

TUISNAWEKE 2012

 

Kw 1   -  27 Januarie                    Kw 3   -  9 Augustus

-  24 Februarie                            - 31 Augustus

 

Kw 2   -  27 April                         Kw 4   - 19 Oktober

-  18 Mei                                    -  9 November

 

 Vriendelike groete

 J Batt

SKOOLHOOF

 

Sal opgedateer 2012/04/28