Home Aktiwiteite Geskiedenis Inligting Koshuise Kurrikulum Toelatingsvorm Omnia Personeel Alumni TuisBlad Skooldrag

   ALUMNI

 

Is u 'n toekadae se leerder van ons skool?

Ons soek foto's, inligting, enige iets uit ons verlede.

LEES MEER HIER

NUWE ALUMNI KONTAKBLAD

OUD -LEERDERS REGISTREER HIER!

of gaan hier:

http://www.alumnus.co.za/

Ons nuwe Alumni databasis van oud-skoliere is nou aanlyn. 

Dit kan dan aangewend word vir rekord doeleindes, sowel as om rüenies te reël.

U kan uself daarop registreer deur middel van 'n e-posadres.  Kies dan 'n wagwoord, wat jy gaan gebruik om in te teken.

Op die webblad word inligting soos telefoonnommers, adresse, jaar gematrikuleer, en huidige beroep aangevra.  Jy kan ook as intekenaar ander oud-skoliere opsoek en kontak.

 Daar is ook 'n gonsgroep wat deel vorm van die databasis, waar daar aanlyn geklets kan word. Jy kan ook foto's op laai (soos ou klasfoto's, ens.)

Daar is ook verder die opsie om per jaar groep epos te stuur of vir die hele databasis.

 Toekomstige ontwikkeling is dat leerders hulle punte kan sien bv (Elektroniese Report).

Oudleerders Tans geregistreer: 541

 

 

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH BEVESTIG HOËRSKOOL LABORI SE TOEPASLIKE OPLEIDING

(Berig Paarl Post Junie 2008)

 Mnr August Engelbrecht is fakulteitsbeampte van die Ingenieursfakulteit aan die Universiteit van Stellenbosch.  Volgens mnr Engelbrecht kry Labori se leerders geleentheid tot toepaslike opleiding en voorbereiding vir naskoolse studie in die ingenieursstudierigtings.

 Hy rapporteer soos volg oor die vordering van twee van Labori se oud-skoliere:  Nelius Bekker (4de jaar) en Daniel du Toit (2de jaar).  Albei is ingeskryf vir Elektries- en Elektroniese Ingenieurswese.

 Beide hierdie students het hul matriek geslaag met A-gemiddelde simbole.  Sedert hul eerstejaar op universiteit, presteer hulle elke jaar onder die top tien vir hul jaargang.  Nelius is sedert sy tweedejaar lid van die Golden Key Society.  Hierdie uitgelese groep topstudente van verskeie universiteite in die wêreld word spesiaal as lede genooi na aanleiding van hul prestasies.

 Ons Fakulteit is beïndruk met die goeie akademiese fondament wat by Labori gelê word om leerders voor te berei op universiteitstudie.  Studente van Labori toon ook uitsonderlike leiereienskappe en verantwoordelikheidsin.  Nelius is vanjaar lid van die Ingenieurstudenteraad, en direkteur van die Ingenieurswese Winterweek.

 Ons Fakulteit is baie trots om met Labori geassosieer te word.

BRENNON GREEN

Brendon Green, 'n oudleerder van Labori (2004) is 'n blitsige man agter 'n stuurwiel!

Hy het in 2005 WP klere verower vir motorsport. Hy wen die WP Kampioenskappe in 2005, is eerste in die provinsiale baanreeks vir Makita Supercars (silwer klas) in 2006 en is in 2008 aangewys as die 3de nuweling in die Nasionale baanreeks vir die VW Polo Cup.

Voet in die hoek Brennon!

brennon@weskaapbakwerke.co.za

Brennon Green in askie op die renbaan.

 

OUDLEERDERS KUIER LEKKER SAAM