
| Skooldrag en Voorkoms | |
|
|
|
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
DOGTERS |
SEUNS |
|
Somersdrag |
Somersdrag |
|
Blou romp en wit hemp (oopnek) met skool se naam op die sak. Die skoolbaadjie is opsioneel in die somer en die skooltrui mag slegs onder die baadjie gedra word op koeler dae. |
Grys lang - of kortbroek en wit oopnekhemp met skool se naam op sak , of wit hemp met skooldas of erekleuredas.(Saam met kort en langbroek word slegs grys skoolkouse toegelaat) Skoolbaadjie (opsioneel) maar met das. Skooltrui slegs onder skoolbaadjie. Swart skoolskoene (nie stewels nie!) |
|
Winterdrag |
Winterdrag |
|
Romp en wit hemp met das. Skooldas/eredas en baadjie is VERPLIGTEND. Skooltrui (slegs onder die baadjie) Swart skoolskoene. |
Grys langbroek en wit hemp vir das. Skoolbaadjie en skooldas/eredas VERPLIGTEND.Skooltrui slegs onder die baadjie. Grys skoolsokkies (Verpligtend) Swart skoolskoene (nie stewels) |
|
Die modelle: Michelle Conradie - Matriek 2012, Joshua du Plooy -Hoofseun 2012, Juan Lourens - Matriek 2012, Shannon Kotze -Matriek 2012, wat op 'n baie warm dag vir foto's kom posseer het.
|
LET WEL! Die amptelike reënbaadjie mag op reëndae bo-oor die baadjie gedra word. Dogtersrompe mag nie korter as 15cm van die grond wees wanneer gekniel nie. Geen ander kledingstukke word toegelaat nie. |